Home/Store/Grades/Readers
Whitney se Fortuin - Leesboek

Whitney se Fortuin - Leesboek

SKU 9781920571351
R229.95
Price incl. VAT (15%) R29.99
1
Save this product for later
Share this product with your friends
ShareSharePin it

Whitney se Fortuin - Leesboek

Product Details

“Dit sal nooit werk nie, Whitney. Ek dink jy is oorgretig  en meegevoer deur lawwe idees.”
“Ai, Lindiwe, moenie so ’n nat waslap wees nie.  Hoekom moet jy altyd my seepbel laat bars?” vra Whitney terwyl sy voorgee om te na gekom te wees.
“Omdat dit presies is wat dit is, Whitney. ’n Seepbel. Jou droomseepbel.  Dit gaan in elk geval bars, daarom kan ek dit net sowel vir jou bars.”

Wanneer Whitney se ma haar werk verloor en die gesin sukkel om te oorleef, besluit die vyftienjarige Whitney om iets te doen. Sy bedink ’n besigheidsplan wat veels te groot  vir ’n graad 9-meisie is en haar beste vriendin, Lindiwe, is vas daarvan oortuig dat dit nie gaan werk nie.  Kan Whitney dit laat werk ondanks alles? Kan sy uitstyg bokant armoede en moeilike omstandighede om ’n sukses van haar onderneming te maak? Sal sy al die baie uitdagings oorkom wat lyk of dit in haar pad staan?

Whitney leer wat dit beteken om ’n entrepreneur te wees, maar wanneer ’n gemene mededinger haar onderneming probeer stopsit en haar afknou, word al Whitney se harde werk bedreig. Haar besigheid, haar toekoms en haar fortuin hang in die weegskaal. Sal sy slaag en die fortuin maak waarvan sy droom?

Die derde boek in die Whitney-reeks, Whitney se Fortuin, is ’n  roerende verhaal van sukses in die aangesig van armoede en teenspoed. Opvoeders kan Whitney se Fortuin  gebruik om gesprekvoering oor entrepreneurskap aan te moedig en help tieners om al die geleenthede raak te sien wat voor hulle lê, by die skool en ook na skool. Whitney se storie sal jong mense inspireer om die inisiatief aan te gryp, bo hulle omstandighede uit te styg en te glo aan ’n blinker toekoms.

Show More
  • Favorites
  • Shopping Cart
  • Gift Cards
Display prices in:ZAR
Skip to main content
Books4Schools
Store
Delivery
Contact Us
Menu
Books 4 Schools
Report Abuse
Powered by Lightspeed